On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Biosekuriteit se rol van onskatbare waarde in wolbedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:32 Wed, 27 May 2020

Biosekuriteit se rol van onskatbare waarde in wolbedryf | News Article

Droogtetoestande in wolproduserende streke soos die Noord- en Oos-Kaap het 'n reuse-impak op produksie en dra by tot die afname in die aanbod van wol op die weeklikse nasionale wolveiling in Port Elizabeth.


Heinrich Victor, bestuurder van veselbemarking en spesiale dienste by OVK, meen 'n bydraende faktor is dat boere hul skeertye op hul plase aangeskuif het weens die Covid-19-inperkerkingsperiode. Hy sê ook die rol van biosekuriteit is van groot belang. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy meen boere moet aandag skenk aan biosekuriteit juis omdat Suid-Afrika eerstehandse ondervinding het oor die invloed van dieresiektes soos bek-en-klouseer en slenkdalkoors op die plaaslike wolmark. Daarmee saam voer Suid-Afrika 70% van sy rouwol na China uit. Dié land het streng vereistes waaraan voldoen moet word veral met betrekking tot gebiede wat steeds in die wurggreep van bek-en-klouseer is.  Boere moet ingestel wees op biosekuriteit en dit moet op die voorgrond gestel word, sodat hulle weet waaroor dit gaan.

Dit was Heinrich Victor, bestuurder van veselbemarking en spesiale dienste by OVK.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.