Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 20:01 Wed, 27 May 2020
Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 88% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen reeds aangeplant, wat meer is as die vyf jaar gemiddelde tempo van 82% voltooid teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die weeklikse produksievorderingsverslag dui ook aan dat 70% van die Amerikaanse mielies in ‘n goeie tot uitstekende toestand is.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande, wat gelys is van wit en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R12/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 362/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R5/ton laer verhandel om teen R2 495/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 65% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant.
Die 65% van die sojabone wat reeds aangeplant is, is meer as die vyf jaar gemiddelde tempo van 55% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R78/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 335/ton te sluit.
Koring:
Die weeklikse produksievorderingsverslag dui ook aan dat 54% van die Amerikaanse winterkoring in ‘n goeie tot uitstekende toestand is.
Die 54% van die winterkoring wat in ‘n goeie tot uitstekende toestand is, is beter as die vorige week se produksietoestande van 52% goed tot uitstekend.
Die plaaslike koringmark het gister nie baie beweging getoon nie en die verhandelingsvolumes was laag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R8/ton laer verhandel om teen R5 297/ton te sluit.
OFM-nuus
