On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Bibberweer in dele van sentrale binneland klaar op teen naweek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 20:13 Wed, 27 May 2020

 Bibberweer in dele van sentrale binneland klaar op teen naweek | News Article

'n Groot deel van die sentrale binneland ervaar sedert Dinsdag ysige oggendtemperature met lae maksimum dagtemperature.


Elani Heyneke, 'n voorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se Bloemfontein-kantoor, sê dié bibberweer begin egter van vandag af in sekere dele opklaar. Sy sê die koue weerstoestande is weens 'n koue front wat vanuit die suidwestelike deel van die land inbeweeg het. Geen sneeu het in die Oos-Vrystaat voorgekom nie, ondanks verskeie foto's wat op sosiale media versprei is oor sneeuneerslae in gebiede in die oostelike deel van die Vrystaat en op die Lesotho-berge.  Volgens haar was daar wel sneeu oor die hoogliggende dele van die Oos-Kaap by Barkley-Oos en by Sutherland. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Heyneke sê vanoggend se minimum temperature is steeds laag in die grootste gedeelte van die sentrale binneland, maar die kwik sal stelselmatig styg met dagtemperature wat weer gaan styg nader aan die naweek.  Bloemfontein asook Welkom in die Vrystaat se minimum temperature Dinsdagoggend was -5 grade Celsius. Die koudste in ons sentrale binneland is Potchefstroom op -6. Dié temperature kom nog vanoggend voor waarna die maksimum dagtemperature vanaf vanmiddag warmer word. Temperature neem toe en teen die naweek word warmer toestande verwag, sê sy.  Wydverspreide ryp het voorgekom veral in die laagliggende gebiede en naby strome en riviere in die Vrystaat, Noordwes, en ook in dele in die Noord-Kaap.  
 
Sy sê kouefronte soos dié is tipiese toestande wat reën kan veroorsaak veral in westelike dele van die  droogtegeteisterde Noord-Kaap en Oos-Kaap. Hoewel dit wil voorkom asof daar nie binnekort weer 'n kouefront deur dié gebiede gaan beweeg nie, is daar gunstige vooruitsigte dat nog kouefronte later in die winter oor die sentrale binneland en spesifiek dié dele kan voorkom.

Heyneke sê al styg die kwik in die grootste gedeelte van die binneland, gaan dit steeds koud wees in die oostelike en suidelike deel van die Vrystaat, met maksimum dagtemperature onder 18 grade Celsius. Koeler toestande tussen 18 en 25 grade Celsius word vir die res van die sentrale binneland voorspel met selfs warm toestande wat oor die noordwestelike deel van die Noord-Kaap kan voorkom.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.