On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   04:30 Fri, 29 May 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Die verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies: 

In Amerika het die brandstofverbruik ongeveer 34% toegeneem in vergeleke met vroeë stadiums van die inperkings. Dit is positief vir die vraag na etanol en gevolglik ook die Amerikaanse mielies.

Die verwagting is dat die mielies, wat in etanolproduksie gebruik word, ongeveer 5.1% hoër behoort te wees in die 2020/21-seisoen teenoor die vorige seisoen se verbruik.

Die plaaslike mieliemark het gister gemeng verhandel met sekere kontrakte wat ondersteuning gevind het, en sterker verhandel het. Dit terwyl ander kontrakte onder druk gekom het en laer gesluit het.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R9/ton hoër verhandel om teen R2 377 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R9/ton laer verhandel om teen R2 508 per ton te sluit.

Sojabone: 

Die Amerikaanse sojaboonmark het weer onder druk gekom vanaf 'n twee weke hoogtepunt met die spanning tussen Amerika en China wat steeds hoog loop.

China se invoervraag na sojabone bly steeds hoog en die meeste van die sojabone word vanaf Brasilië ingevoer.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en  sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R46/ton hoër verhandel  om teen R6 375 per ton te sluit.

Koring:

Die verswakking van die Amerikaanse dollar bied ondersteuning aan die Amerikaanse koringprys.

Jordanië het 'n internasionale tender uitgesit om ongeveer 120 000 ton se koring aan te koop vir invoerdoeleindes.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R4/ton laer verhandel om teen R5 295/ton te sluit.

 

 OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.