On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools SA wolmarkverslag: Kopershuise ding aktief mee

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 04:30 Fri, 29 May 2020

Cape Wools SA wolmarkverslag: Kopershuise ding aktief mee | News Article

OFM verskaf Vrydae 'n weeklikse wolmarkverslag rakende die uitkoms van die afgelope week se nasionale wolveiling in Port-Elizabeth. Dié verslag word deur Cape Wools SA verskaf.


OFM-nuus se Gerben van Niekerk het meer hieroor...


Sien onderstaande PODCAST


Dié verlsag toon dat daar op die 27ste veiling van die 2019/20-wolseisoen 'n aanbod van 7 709 bale was. Altesaam 77,7% daarvan is verkoop. Die mark het met 3,1%, of 466 punte verswak teen 'n waarde van R145,03 per kg. Die Australiese EMI het met 2,0% afgeneem. Daarmee saam het die Rand 1,8% sterker teenoor die Amerikaanse Dollar verhandel. Die Rand het ook 'n 0,8%-toename teenoor die Euro getoon en die mark het met 1,3% verswak in terme van die Amerikaanse Dollar. 

Volgens dié verslag het kopershuise, ondanks moeilike marktoestande, aktief meegeding. Dit ondanks druk op die plaaslike mark weens die versterking van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar. Die aanbod van wol het hoofsaaklik uit medium lengte wol bestaan. Lang fynwol het weer eens beter as die gemiddeld vertoon, terwyl oorsterk en kort wol die mees afwaartse druk ondervind het. Die grootste kopers op die veiling was, Standard Wool SA, Lempriere SA, Modiano SA en Stucken & Co.

Die gemiddelde skoonwolprys vir seleksie in die verskillende mikron-kategorieë, wat bestaan uit goeie, lang kam-woltipes was soos volg: 18,0 mikron wol het met 5,5% gedaal en teen R168,89 per kg gesluit, terwyl 18,5 mikron wol met 4,1% afgeneem het en teen R162,16 per kg gesluit het.  Vir die volledige skoonwolprys in die onderskeie mikron-kategorieë, besoek http://www.ofm.co.za.

Daarmee saam het 19 mikron wol verlaag met 4,4% en teen R156,22 per kg gesluit, terwyl 19,5 mikron wol  met 1,4% verswak het en teen R155,71 per kg gesluit het. 20 mikron wol het met 3,4% afgeneem  en op R147,08 per kg gesluit. 20,5 mikron was 1,4% swakker en het gesluit op R146,19 per kg en 21,0 mikron wol het verlangsaam met 5,8% en op R141,85 per kg, gesluit, terwyl 21,5 mikron 'n afname van 3,8% getoon het en op R149,62 per kg gesluit het. 22 mikron het met 6,5% gedaal en op R133,32 per kg gesluit, terwyl 22,5 mikron 2,9% swakker was en op R141,52 per kg gesluit het.  


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.