On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 01 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Dié verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit.

Private uitvoerders het mielie-uitvoerverkope van sowat 102 000 ton aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer. Die aankoopbestemming is onbekend.

Die plaaslike mieliemark het hoofsaaklik ondersteuning gevind en het sterker verhandel om hoër af te sluit in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R42 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 417 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R36 per ton hoër verhandel om teen R2 543 per ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ook onder druk gekom en het laer verhandel met die spanning tussen Amerika en China wat steeds hoog loop.

Private uitvoerders het wel Vrydag ongeveer 109 000 ton se sojaboon uitvoerverkope aan die Amerikaanse Departement van Landbou aangemeld. Hierdie uitvoerverkope is vir lewering aan China.

Die plaaslike sojaboonmark het meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R43 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 400 per ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel met die droër toestande wat in van die produksiegebiede heers.

Die Amerikaanse koringuitvoer was verlede week hoër as die vorige week se uitvoer, maar steeds 23% laer as die vorige vier weke se gemiddelde weeklikse uitvoer.

Die plaaslike koringmark het meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R8 per ton hoër verhandel om teen R5 300 per ton te sluit.


OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.