Agri Hour
Leierboer van NW positief oor styging van vleisprys─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 01 Jun 2020
Die tyd sal weer aanbreek dat die vleisprys vir produsente gaan herstel en styg.
Dít is volgens Joseph du Plessis, 'n leierboer van die Locklore-gemengde familieboerdery in die Schweizer-Reneke-distrik in Noordwes. Hy meen die vraag na rooivleis sal herstel soos verbruikers stelselmatig terugkeer werk toe soos vlakke van die nasionale inperking weens die Covid-19 pandemie verander. Du Plessis, wat ook 'n hoofbestuurslid vir Graan SA (GSA) in dié distriksgebied is, sê benewens die Locklore-boerdery se graanvertakking het hulle ook 'n Santa Gertrudis-stoet. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Du Plessis meen die situasie rondom die droogte wat boere in gedeeltes van Noordwes vir etlike jare in sy wurggreep gehad het, het verander na goeie reën dié seisoen. Weidingstoestand is goed en het herstel so produsente sal in 'n kudde-opboufase gaan, waar vroulike diere teruggehou gaan word om die kuddes wat uitgedun is, weer te vergroot. Dit gaan ook bydra dat die vleisprys weer met tyd gaan wees waar dit voorheen was, sê hy. Moet gemaklikw ees die vleisprys sal weer met tyd wees waar dit was.
Daar is genoeg kos vir vee op natuurlike weiveld asook mieliereste. " Ons is opgewonde oor die vleisbedryf," sê hy.
Du Plessis sê die Santa Gertrudis-beesras is ook 'n wenner en is goed aangepas vir toestande in dié gebied in Noordwes wat uit aangeplante weidings en landerye en goeie natuurlike weiding bestaan. Van der Merwe sê dié geharde beesras kom al jare in sy familie en is deur sy oupa Apie Lock en ouma Annie in 1973 vanaf Amerika na Suid-Afrika ingevoer.
Die Locklore-stoetery het nie vanjaar 'n produksieveiling nie, maar voornemende kopers kan reël om die plaas te besoek en vroulike diere en bulle aan te koop. Dit is hoe dié stoet, met sy uitstekende genetika wat al oor jare kom, bemark word.
Hy meen daar was aanvanklik uitdaging vir boere in die distrik met die aanvang van die Covid-19-inperkingstydperk veral ten opsigte van die polisie en weermag wat onregverdig en magsbehep was met die inperkingsregulasies. Dit is egter uitgesorteer. Die grootste uitdaging is steeds om werknemers veilig en gesond te hou tydens dié tydperk.
OFM-nuus
