On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:12 Tue, 02 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.  

Amerikaanse mielieuitvoer vir die seisoen tot op datum is ongeveer 30% laer as die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoer. Die COVID-19 pandemie het 'n negatiewe impak op Amerikaanse uitvoer gehad.

Die plaaslike mieliemark het gister hoofsaaklik ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag om hoër af te sluit in meeste van die kontrakmaande wat  gelys is vir wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R6 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 423 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R9 per ton hoër verhandel om teen R2 552 per ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse sojaboonuitvoer vir die week was ongeveer 15.7% meer as die vorige week se uitvoer.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R50 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 450 per ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag met die nuus dat die stroopproses in sommige gedeeltes van Amerika vroeër as normaal begin het.  

Die weeklikse Amerikaanse koringuitvoer was 7.4% hoër as die vorige week se uitvoer met China wat die grootste koper van Amerikaanse koring was.

Die plaaslike koringmark het gemeng verhandel, alhoewel daar nie baie volumes vir die dag verhandel het nie.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R10 per ton hoër verhandel om teen R5 310 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.