On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 08 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en sterker verhandel. Die ondersteuning in die mark kan grootliks toegeskryf word aan die versterking van internasionale energiepryse.

In Argentinië vorder die stroopproses goed en die nuutste verslae toon ongeveer 55% van die Argentynse mielie-oes vir die seisoen is reeds gestroop.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal sywaarts verhandel en het nie groot prysbewegings getoon nie.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R7 per ton hoër verhandel om teen R2 391 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R4 per ton hoër verhandel om teen R2 508 per ton te sluit.


Sojabone: 

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel, nadat die nuutste uitvoerverkopeverslag gunstig was.

In Argentinië is die sojaboon stroopproses meestal afgehandel met ongeveer 99% van die Argentynse sojaboon-oes, wat reeds gestroop is.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R4 per ton laer verhandel om teen R6 602 per ton te sluit.


Koring:

In Rusland lyk die seisoen se koring-produksieverwagtinge nie goed nie. Een van die grootste produserende state se opbrengs kan tot 40% laer wees as die vorige seisoen se opbrengs weens ongunstige weerstoestande.

In die Europese Unie (EU) is die koring produksietoestande ook nie gunstig nie en die verwagting is dat dit ook sal bydra tot laer verwagte koringproduksie in die noordelike halfrond.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R35 per ton hoër verhandel om teen R5 225 per ton te sluit.

 

 OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.