On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

NWKV: Wolbedryf weer goed op dreef

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 08 Jun 2020

 NWKV: Wolbedryf weer goed op dreef | News Article

Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) sê die wolbedryf is goed op dreef en die meeste produsente begin nou hul voete in terme van die lewering van wol vind.


Dit kom nadat die meeste bedrywighede in dié bedryf tydens die begin van die inperkingstydperk nie toegelaat is nie. Dié NWKV se algemene bestuurder, Leon de Beer, sê daarmee saam staan dié wolseisoen einde se kant toe. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê produsente moet nou verlore tyd inhaal weens bedrywighede wat nie kon plaasvind tydens die nasionale staat van inperking se eerste twee vlakke nie. Wolkopers het, nadat dié bedryf weer toegelaat is om voort te gaan met sy bedrywighede, aangedui hulle is bereid om veilings te hou tot middel Julie, indien daar nog genoeg wol is wat gelewer word. Hy sê almal vind nog hul voete ná die inperkingsregulasies, maar hy is hoopvol dat dié seisoen met goeie resultate afgesluit gaan word.  

Covid-19-inperkingstydperk het 'n invloed op die bedryf gehad wat nie aanvanklik met die skeerproses kon voortgaan nie. Daarmee saam is baie skeerders van Lesotho afkomstig en dit het daartoe gelei dat die totale grondslag van skeerders nie beskikbaar was nie. Daar was ook inperkings rondom die vervoer van wol en werkers op plase wat aan veiligheidsmaatreëls moes voldoen, soos die dra van gesigmaskers, het ook die bedryf ietwat van balans gedwing.

Daarmee saam sê hy die uitvoer van wol gaan ook voort en daar is nou geen beperkings rondom dit nie.  Daar is wel druk op die ekonomie in lande wat Suid-Afrikaanse wol verbruik. Dit sluit lande soos China, Amerika en Europese lande, in.

Dit was Leon de Beer, algemene bestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV,) slegs op die Agri-Uur. Om weer na hierdie insetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture, en dan Agri-Hour. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.