On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Covid19: Wolbedryf geraak, maar agterstand word ingehaal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 08 Jun 2020

Covid19: Wolbedryf geraak, maar agterstand word ingehaal | News Article

Die koronavirus en inperkingsregulasies in Suid-Afrika het 'n agterstand in die wolbedryf veroorsaak.


Dít is volgens Deon Saayman, algemene bestuurder van Cape Wools SA, wat meen die skeerproses en die vervoer van wol na makelaars se pakhuise is geraak. Saayman meen dít is van die faktore wat daartoe gelei het dat dit nie prakties moontlik was om die nasionale wolveiling verlede week in Port Elizabeth aan te bied nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die aanbod van wol was nie voldoende nie, maar daar is reeds 'n groter wol-aanbieding vir dié veiling wat vandeesweek plaasvind. Die veiling sal egter vandeesweek weer sy normale siklus hervat en daar is reeds 'n goeie volume wol beskikbaar. Saayman sê weens die agterstand sal die laaste veiling van dié seisoen waarskynlik op 8 Julie aangebied word en produsente kan steeds tot 17 Junie wol lewer.

Hy meen dit is te verstane dat dit 'n ruk gaan neem vir dié bedryf om weer in 'n siklus te kom. Dit kom nadat geen verhandeling sedert die aanvang van die nasionale Covid-19 inperkingstydperk kon plaasvind nie. Wol is ook nie toé uitgevoer nie. Cape Wools SA het egter saam met Agri SA met die regering onderhandel en op 7 April is die uitvoer van wol, wat reeds in makelaars se pakhuise was, toegelaat. Aan die einde van April het dié bedryf die groen lig gekry om elektroniese veilings aan te bied en vanaf 1 Mei is bedrywighede volstoom hervat. Hy sê daar is natuurlik nou 'n mate van afplatting deur Suid-Afrika se internasionale handelsvennote in die vraag na wol weens die Covid-19-situasie oor die wêreld heen. Daarom het handelsverkope skerp gedaal.

Dit was Deon Saayman, algemene bestuurder van Cape Wools SA. Skakel Vrydagoggend in op die OFM Agri-Uur tussen 05:00 en 06:00 vir die weeklikse wolmarkverslag wat deur Cape Wools SA verskaf word. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.