On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri SA: Veediefstal neem toe weens inperkingsverbod

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 08 Jun 2020

Agri SA: Veediefstal neem toe weens inperkingsverbod | News Article

Die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, het die polisie se aankondiging dat buurt- en plaaswagte weer toegelaat gaan word om gebiede te patrolleer, verwelkom.


Hy sê dit is egter steeds frustrerend dat die polisie dit só laat bekend gemaak het. Volgens hom is dié betrokke regulasie meer as nege dae gelede deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, uitgevaardig. Hy sê buurt- en plaaswagte sou ingevolge dié Covid-19-regulasie weer voortgaan met patrollering, maar daar het verwarring daaroor geheers, wat nou eers met dié polisie-kennisgewing uit die weg geruim is.

Intussen sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, daar was sporadies 'n toename in veediefstal in sekere fokusgebiede die afgelope paar maande. Hy skryf dit toe aan die regering se verbod op die patrollering van gebiede deur plaaswagte, tydens die eerste twee vlakke van die Covid-19-grendeltydperk. Volgens hom bly bloere egter verantwoordelik vir hul veiligheid en hulle moet voortdurend hul paraatheid opskerp. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST:


Die oprigting van sekuriteitskameras is 'n goeie afskrikmiddel. In gebiede in die Vrystaat en Oos-Kaap waar kameras opgerig is, was waar daar 'n aangrypende afname in veediefstal. Hy sê kameras is strategies in die Oos-Kaap op hoofroetes opgerig, maar boere maak ook op hul plase daarvan gebruik. 

Esterhuyse sê nog 'n probleem wat onder die loep gekom het tydens Agri SA se landelike veiligheidskomitee se onlangse vergadering, is die onwettige jag van wild in die Oos-Kaap en die Vrystaat met die gebruik van honde. Hy verwys na 'n voorval in die Oos-Kaap waar die polisie op 38 honde beslag gelê het en ses verdagtes is in verband met die onwettige jag van wild in dié spesifieke voorval aangekeer. Kleiner wilde bokkies, soos steen- en springbokke, word geteiken. Esterhuyse meen daar word nou nie meer onwettig met honde vir kosdoeleindes gejag nie. Dit is nou 'n sport en daar is groot wedywering onder eienaars van dié honde. 

Dit is 'n dringende kwessie wat op 'n hoë vlak met die polisie bespreek gaan word, sê hy. 

Probleme ontstaan met betrekking tot die aanhouding van honde wat gebruik is in voorvalle waar daar inhegtenisnemings was. Dié honde moet by plaaslike dierebeskermingsverenigings aangehou word, maar daar is nie geld daarvoor nie. 


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.