On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 09 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies: 

Die Amerikaanse mieliemark het ondersteuning gevind weens die versterking van  internasionale energiepryse.

Die fokus in die weeklikse verslag oor produksietoestande sal hoofsaaklik op die toestande in die oostelike graanbelt wees.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat  gelys is vir wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R5 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 395 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R6 per ton hoër verhandel om teen R2 514 per ton te sluit.

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark is redelik onder druk met die vraag na Amerikaanse sojabone wat steeds beperk is. Suid-Amerika is steeds die groter betrokkene in die internasionale uitvoermark.

China het ongeveer 9.73 miljoen ton sojabone ingevoer in Mei waarvan die meeste vanaf Brasilië was.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R2 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 600 per ton te sluit.

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gemeng verhandel met die versterking van die Dollar wat die verwagte verswakking in die produksietoestande uitgekanselleer het.

Die nuutste weeklikse verslag oor produksietoestande sal ‘n belangrike aanwyser wees van die Amerikaanse winterkoringmark vandeesweek.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R60 per ton laer verhandel om teen R5 165 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.