On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

#Covid19-regulasies: Regering weet nie waaroor dit gaan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Tue, 09 Jun 2020

#Covid19-regulasies: Regering weet nie waaroor dit gaan | News Article
Pieter Groenewald FOTO: Verskaf

Die Vryheidsfront Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, blameer die regering vir sy swak optrede ten opsigte van die hantering van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika.


Volgens hom staar die regering nie die werklikheid op grondvlak ten opsigte van die waardeketting in landbou, maar ook die gewone gang van sake, in die gesig nie. Hy sê dit gaan nog steeds sy verstand te bowe dat plaas- en buurtwagte nie patrollering in gebiede tydens vlak 5 en vlak 4 van die nasionale staat van inperking kon uitvoer nie. Groenewald meen hulle kon 'n geweldige groot ondersteunende rol gespeel het.  Daarmee saam het aanvalle op plase en kleinhoewes tydens vlak drie van die inperking toegeneem.  Groenewald se reaksie kom nadat die polisie die verbod op buurt- en plaaswagte tydens vlak-3 van die inperking opgehef het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy meen plaaswagte sou nie tydens vlak 5 van die inperking bygedra het tot die verspreiding van die koronavirus nie. Dit is een van die redes waarom die regering 'n verbod daarop geplaas het. Groenewald voer aan dat niemand tydens vlak 5 van die inperking sonder 'n geldige permit op straat toegelaat is nie. Die diens wat plaas- en buurtwagte lewer kon toé die polisie se hand versterk het in die mate dat hulle die polisie oor beweging van mense in kennis kon stel. 

Hy meen dié besluit was bloot 'n magspel deur die minister van polisie, Bheki Cele, om te kan besluit wie mag gebiede patrolleer en wie mag dit nie doen nie. Cele spog dat misdaad afgeneem het, terwyl daar baie misdade gepleeg is. Gesinsgeweld het onder meer die hoogte in geskiet.  In vlak 4 van die nasionale inperking, was daar meer beweging toegelaat as in vlak 5 met sekere bedrywe wat oopgestel is, maar veral tydens vlak 3 van die inperking was daar 'n skerp toename in aanvalle op plase en kleinhoewes regoor die land gewees. Hy sê verlede week was daar sowat nege aanvalle en volgens sy inligting is vier mense vermoor. 

Dit is onaanvaarbaar en dit dui weer eens op die betrokke ministers se onbevoegdheid in terme van die Covid-19-regulasies, want 'n regulasie is uitgevaardig waarin plaas- en buurwagte in vlak 3 toegelaat word om gebiede te patrolleer, terwyl mense wat gebiede in dié tydperk gepatrolleer het, voorgekeer is. Eers sowat tien dae nadat die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma dié betrokke regulasie in plek gestel het, is 'n direktief aan die polisie gegee dat buurt- en plaaspatrollies weer kan funksioneer. 

Groenewald meen lewens kon gespaar word as patrollering deur gemeenskappe uit die staanspoor deur die regering toegelaat is. Hulle sou geen risiko ingehou het ten opsigte van die verspreiding van die virus nie, en sou eerder 'n geweldige groot rol gespeel het om dit te voorkom en om toe te sien dat mense nie onnodig rondbeweeg nie. 

Daarmee saam het dié party egter geensins op sy louere gerus nie en die regering is deurlopend oor die vingers getik rondom regulasies en die optrede van ministers  ten opsigte daarvan. Dié regulasies isin die praktyk nie uitvoerbaar nie en dié party sal voortgaan om volgehoue druk oor kwessies van belang op die regering te plaas, sê Groenewald. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.