On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:05 Wed, 10 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is die Amerikaanse mielie aanplantings 97% voltooi. Dit is beter as die vyf jaar gemiddelde tempo van 94% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die weeklikse mielieproduksietoestande word op 75% van goed tot uitstekend geskat, wat beter is as verlede week se 74%. 

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is van wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R37 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 433 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R30 per ton hoër verhandel om teen R2 543 per ton te sluit.

Sojabone: 

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is die Amerikaanse sojaboonaanplantings 86% voltooi. Dit is beter as die 5 jaar gemiddelde tempo van 79% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen.

Die weeklikse produksietoestande vir sojaboon word op 72% van goed tot uitstekend geskat, wat beter is as verlede week se 70%. 

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal sywaarts verhandel, en het nie groot prysbewegings getoon nie.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Junie 2020, R5 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 541 per ton te sluit.


Koring: 

Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 7% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit is in lyn met die 5 jaar gemiddelde tempo.

Die Amerikaanse winterkoring word op 51% van goed tot uitstekend geskat, terwyl 82% van die Amerikaanse lentekoring op goed tot uitstekend geskat word.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R76 per ton laer verhandel om teen R5 103/ton te sluit.

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.