Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 06:08 Thu, 11 Jun 2020
Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel n beide die Julie en September kontrakte.
Die Amerikaanse Departement van Landbou maak later vandag die nuutste wêreld vraag en aanbod verslag bekend. Die algemene verwagting is dat die Amerikaanse mielie eindvoorraad vir die seisoen opwaarts aangepas sal word in hierdie verslag.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir beide wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R28 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 408 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R27 per ton laer verhandel om teen R2 516 per ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel met optimisme in die mark dat die Amerikaanse sojaboonuitvoer kan optel.
Die algemene verwagting in die mark is dat die Amerikaanse sojaboon eindvoorraad vir die seisoen afwaarts aangepas sal word in die nuutste wêreld vraag en aanbod verslag wat later vandag bekend gemaak word.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R42 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 550 per ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel met die harde en sagte rooi winterkoring wat onder druk gekom het, terwyl die lentekoringmark ondersteuning gevind het en sterker verhandel het vir die dag.
Die algemene verwagting in die mark is dat die Amerikaanse koring eindvoorraad vir die seisoen opwaarts aangepas sal word in die nuutste wêreld vraag en aanbod verslag wat later vandag bekend gemaak word..
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom in meeste van die kontrakmaande wat gelys is, maar die Julie kontrak het wel sterker verhandel vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R16 per ton hoër verhandel om teen R5 139 per ton te sluit.
OFM-nuus
