On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Speenkalfprys en dié van skaap neem toe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:25 Thu, 11 Jun 2020

Speenkalfprys en dié van skaap neem toe | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem. Hier is hy...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê daar is twee markte in die stadium. Dit sluit in speenkalwers, wat na voerkrale gaan, wat weer A-klas vleis lewer vir meer gegoede gemeenskappe. C-klas vleis word ook vir fabrieksgebruik gelewer. Dit is ook gemik op minder gegoede mense wat nie duur vleis kan bekostig nie. 

Hy sê die prys van speenkalwers styg goed en dit kan toegeskryf word aan 'n bestaande uitvoermark. Daarmee saam het die prys van skape ook toegeneem, maar dit is nie 'n tendens wat kan voortduur nie, omdat daar reeds 'n aanduiding is dat die prys van vetlammers afgeneem het, sê hy.   

Speenkalwers onder 200kg het teen R32,75 per kg verkoop, speenkalwers tussen 200kg en 250kg teen R32,30 en speenkalwers oor 250kg het teen R30,02 per kg verkoop.


Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klasbeeste - Geen 

B-klasbeeste - R21,50 per kg

C-klasvet koeie - R19,88 per kg

Maerkoeie - R15,00 na R17,51 per kg

Slagbulle - R21,12

Skape

Stoorlammers - R45,05 perkg

Slaglammers - R36,22 per kg

Stoorskape - R27,00 per kg

Vetskape - R27,53 per kg

Bokke

Lammers - R36,07 per kg

Ooie - R27,44 per kg


Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.