On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

NWK: Goeie beplanning van groot belang ná goeie oeste

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:29 Thu, 11 Jun 2020

NWK: Goeie beplanning van groot belang ná goeie oeste | News Article

Die landboubesigheid, NWK, moedig produsente en gemeenskappe aan om goed te beplan noudat goeie graanoeste verwag word.



Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte van NWK, sê boere in Noordwes, waar dié landboubesigheid diep wortels het, is baie geseënd en dankbaar ten opsigte van die goeie oeste wat gelewer word, veral nadat die voortslepende droogte in gedeeltes van dié provinsie boere op hul knieë gedwing het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Rabe gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die afgelope agt tot tien jaar, het produsente in Noordwes onder erge droogtetoestande gebuk gegaan. Hulle het geldelike verliese gely, maar vanjaar lyk dit of daar groot seëninge is, met enkele uitsonderings. Daar is groot dankbaarheid vir oeste op landerye en daar word uitgesien na " 'n groot en rekord- graanoes in Noordwes vanjaar." 

Rabe se boodskap aan produsente en gemeenskappe is duidelik. Produsente, wat nou volgens hom dankbaar is vir hul posisie in die landbouwaardeketting, moet ligvoetig wees in terme van hoe hulle dié gunstige toestande benut. 

Ná die voortslepende droogte is daar baie skuld wat nog nie deur boere afbetaal is nie. Hy meen dit is nou noodsaaklik vir produsente om te let op hul beskikbare fondse en hoe hulle dit gaan aanwend. Dit is altyd beter om skuld af te los. Sy boodskap aan gemeenskappe is om vas te byt en saam te staan om deur dié uitdagende tye te kom.

NWK spits hom ook toe om gemeenskappe wat in kosnood verkeer, by te staan. Daarom het NWK  die Landboubesigheidskamer, Agbiz, en Graan SA (GSA) se Agri Waardeketting-verligtingsprojek ondersteun. Dié voedingsprojek behels graanskenkings deur produsente, wat dan na witmieliemeel verwerk word en onder gemeenskappe versprei word.

Rabe sê  alle graan, wat nie mielies is nie, gaan deur NWK ontvang en verkoop word om witmielies aan te koop. Botselo Mills in Delareyville is ook deel van dié projek en het onderneem om die mielies gratis te maal en te verpak. Dit sal dan  in 5kg en 10kg sakke deur die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) versprei word. NWK waarborg ook dat die hele proses goed gereguleer sal word om deursigtigheid te verseker.  Daar is op mieliemeel besluit, omdat dit 'n goedkoop bron van kos is en daarmee word daar gepoog om vir 'n langer tydperk meer volhoubaar aan gemeenskappe kos te verskaf. NWK gaan ook R150 000 beskikbaar stel aan dié projek.

'n Spesiale verligtingsrekening is vir dié voedingsprojek geskep. Graanskenkings kan by NWK se silos gedoen word. Die graanafdeling se rekeningnommer is X980422WND. 

Vir meer inligting besoek NWK se webtuiste. 


OFM-nuus





Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.