Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 07:34 Fri, 12 Jun 2020
Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies
Volgens die nuutste wêreld vraag en aanbod verslag word die Amerikaanse mielie-eindvoorraad vir die 2020/21 seisoen op 84,41 mijoen ton geskat.
Die wêreld mielie-eindvoorraad word op 338 miljoen ton geskat, wat aansienlik meer is as die vorige seisoen se 312 miljoen ton.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit in meeste van die kontrakmaande wat s gelys is van beide wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020, R19/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 392/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R7/ton laer verhandel om teen R2 508/ton te sluit.
Sojabone:
Volgens die nuutste wêreld vraag en aanbod verslag word die Amerikaanse sojaboon-eindvoorraad vir die 2020/21 seisoen op 10.76 mijoen ton geskat.
Die wêreld sojaboon-eindvoorraad word op 96.34 miljoen ton geskat. Dit is laer as die vorige seisoen se 99.19 miljoen ton.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande watgelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R77/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 473/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koring eindvoorraad vir die 2020/21 seisoen word op 25.17 miljoen ton geskat.
Die wêreld koring-eindvoorraad vir die 2020/21 seisoen word op 316 miljoen ton geskat. Dit is meer as die vorige seisoen se eindvoorraad van 310 miljoen ton.
Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R30/ton hoër verhandel om teen R5 165/ton te sluit.
OFM-nuus
