On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Die plaaslike wolmark versterk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:39 Fri, 12 Jun 2020

Die plaaslike wolmark versterk | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Daar was Woensdag tydens die 28ste nasionale wolveiling vir die 2019/20-wolseisoen in Port-Elizabeth 'n aanbod van 7 603 bale gewees. Daarvan is 94,4% verkoop. Die mark het met 4,1%  oftewel 583 punte teen 'n waarde van R148,55 per kg verbeter. Die Australiese EMI het 'n afname van 1,1% getoon. Daarmee saam was die Rand met 4,9% sterker teen die Amerikaanse Dollar en het 'n toename van 1,5% teenoor die Euro getoon. 

Die wolmark het sterk vertoon, ondanks die 4,9% versterking van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar. Die mark het in terme van die Amerikaanse Dollar met 9,4%  teenoor die vorige veiling versterk. Luidens Cape Wools se verslag het die Suid-Afrikaanse mark die positiewe tendens van die Australiese mark die afgelope week gevolg. Daarmee saam het positiewe marksentiment tot die positiewe deelname van al die betrokke kopershuise bygedra. Goeie gehalte wol in die medium mikrongroepe het beter as die mark-gemiddeld presteer. BIN-lotte bestaan uit dieselfde tipe wol vanaf produsente wat deur makelaars saamgevoeg word om opbjektiewe lotte daar te stel.

Standard Wool SA (2 036), Stucken & Co (1 378), Lempriere SA (1 276), en Modiano SA (1 101) was die grootste kopers gewees.

Die gemiddelde skoonwolprys vir seleksie binne die verskillende mikronkategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5), was soos volg: 18,0 mikron, styg met 3,3% en sluit teen R168,89 per kg. 18,5 mikron neem toe met 2,5% en sluit teen R167,44 per kg, terwyl 19 mikron wol verhoog het met 2,1% en teen R157,72 per kg gesluit het.  Vir die res van die gemiddelde skoonwolprys in verskillende mikron-kategorieë, besoek OFM se webtuiste. 

Die 19,5 mikron-afdeling het versterk met 4,3% en teen R155,71 per kg gesluit, terwyl 20 mikron met 4,5% gestyg het en op R147,08 per kg gesluit het. 20,5 mikron is 3,9% sterker en het op R148,19 per kg gesluit. 21,0 mikron het gestyg met 4,9% en op R143,13 per kg gesluit, en  21,5 mikron het met 3,5% toegeneem en op R147,12 per kg gesluit.  22 mikron styg met 1,2% en behaal R137,86 per kg, terwyl  22,5 mikron met 1,9% verbeter het en op R136,52 per kg gesluit het.

Volgende veiling vind op 18 Junie plaas met 'n aanbod van meer as 8 400 bale wat na verwagting aangebied sal word.


OFM-nuus




PRESENTER OUTRO:  Om weer na hierdie nuusinsetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en the Agri-Hour.  Kliek op News vir jou jongste nuus in die landboubedryf wat weeksdae in OFM se landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30 aan jou gebring word. Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na news@ofm.co.za.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.