On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:00 Mon, 15 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag is deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en sterker verhandel in die Julie en September termynkontrakte.

Die Oekraïne se mielieproduksie vir die seisoen word op 35.4 miljoen ton geskat. Die skatting is opwaarts aangepas vanaf die vorige maand se skatting, maar die totale produksie sal steeds laer as die vorige seisoen se produksie wees.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R34 per ton hoër verhandel om teen R2 430 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R42 per ton hoër verhandel om teen R2 550 per ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel, nadat daar weer groot hoeveelhede uitvoerverkope vir die week aangekondig is.

Privaat uitvoerders het ná Vrydag sojaboonuitvoerverkope van ongeveer 120 000 ton by die Amerikaanse Departement van Landbou aangemeld. Die bestemming van uitvoer is steeds onbekend.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R131 per ton hoër verhandel om teen R6 608 per ton te sluit. 


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel met die harde sowel as sagte rooiwinterkoring markte wat ondersteuning gevind het, terwyl die lentekoring mark onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag.

In Frankryk het die koringproduksietoestande gestabiliseer met 56% van die koring wat in ‘n goeie tot uitstekende toestand geskat word. Die vorige seisoen se produksietoestande was op 80% goed tot uitstekend geskat teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R12 per ton hoër verhandel om teen R5 174 per ton te sluit.


OFM-nuus




Get Outlook for Android


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.