On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Beeswinkel sprei sy vlerke na Namibië

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:00 Mon, 15 Jun 2020

Beeswinkel sprei sy vlerke na Namibië | News Article

Die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, sprei nou sy vlerke na Namibië.


Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, sê hulle is deur boere in Suid-Afrika se buurland genader om ook soos in Suid-Afrika doeltreffend deur middel van aanlynveilings met mekaar handel te kan dryf. Hy sê Beeswinkel, wat al vir meer as twee jaar een van die voorlopers is in terme van dié verhandelingsplatform, het 'n paar jaar gelede voorsien dat daar 'n aanlynrewolusie in Suid-Afrika gaan plaasvind. Hulle het besef dat dié tipe veilings daagliks aangebied kan word. Volgens Van Heerden fokus Beeswinkel op kostebesparing vir boere en voerkrale wat lei tot beter marktoegang, deursigtigheid, naspeurbaarheid en biosekuriteit. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Heerden gepraat....


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê Beeswinkel het reeds in 2019 voorsien dat dit eendag moontlik gaan wees om sy werksaamhede uit te brei na Namibië. Die maatskappy Beeswinkel Namibië is toe reeds al gevorm en bankrekenings is by Standard Bank in Windhoek geopen sodat transaksies in dié land gedoen kan word. Jan Fourie van die Otjiworongo-distrik in Namibië het Beeswinkel daarna genader en dit is toe dat die direkteure van Beeswinkel besef het die tyd is reg om na dié land uit te brei. 

Van Heerden meen daar is talle voordele vir Namibiese boere om aanlyn handel te dryf deur middel van veilings.  Die besparing van totale bemarkingskoste tel in boere se guns maar daar is ook laer kommissies, geen vervoerkoste en beter marktoegang. Fourie gaan die operasionele hoof wees en hy sal ondersteun word deur Beeswinkel se nuwe hoofkantoor in Kroonstad in die Vrystaat.  

Die Beeswinkel-platform bly dieselfde in Namibië en die eerste veiling in dié land vind reeds op 24 Junie om 14:00 plaas. Dit kom nou daarop neer dat beeswinkel.co.za altesaam drie kommersiële veeveilings per week gaan aanbied. Daar is Dinsdae en Donderdae om 14:00 'n Suid-Afrikaanse aanlynveiling. Dit laat Maandae en Vrydae oop vir stoet- en aanteelveilings wat aanlyn geskied. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.