On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Beeswinkel se eerste Namibiese aanlynveiling eersdaags aangebied

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 17 Jun 2020

Beeswinkel se eerste Namibiese aanlynveiling eersdaags aangebied | News Article

Die Suid-Afrikaanse aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, wat plaaslik al goed gevestig is, brei nou uit na Namibië.


Petrus van Heerden, 'n direkteur van Beeswinkel, sê die eerste kommersiële stilveiling vir Namibiese boere vind volgende week aanlyn plaas. Die teikenmark is boere wat speenkalwers aanbied wat hulle op die veld vir slagdoeleindes afgerond het. In dié stadium is die bestaande Suid-Afrikaanse platform,  beeswinkel.co.za, kragtig genoeg om aanlyntransaksies van Namibië te huisves. Hy sê egter dit kan later verander met dié Suid-Afrikaanse buurland wat sy eie platform kan kry.  OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Heerden gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Daar gaan vir eers vanaf een platformm beeswinkel.co.za gewerk word, weens beperkte tyd in 'n week om meer as twee veilings per dag aanlyn aan te bied. Van Heerden voorsien egter dat Namibië later sy eie platform kan kry, wat die geleentheid bied om meer veilings per week aan te bied. Beeswinkel is nie beperk tot getalle diere wat per aanlynveiling aangebied word nie, groot getalle diere kan aangebied word. 

Hy sê Beeswinkel het onlangs die Bosveld Bonsmara-klub se veiling aangebied, wat 'n reuse-sukses was. Dit was die eerste veiling in dié gebied wat ten volle digitaal aangebied is. Lukas Eksteen van Bufland-boerdery het dit georganiseer.  Drie Bonsmara-klubrekords is gebreek en hul vorige veilingsomset is met 20% verbeter. Rekordpryse is behaal op kommersiële koeie met kalwers en dragtige koeie wat ook 20% hoër was as die vorige prys vir kommersiële vroulike diere. Daar was altesaam 57 lotte waarvan slegs sewe lotte  nie verkoop is nie.   

Van Heerden sê die eerste Namibiese aanlynveiling vind reeds op 24 Junie om 14:00 plaas. Daar is dus nou altesaam drie kommersiële veeveilings per week wat op die beeswinkel.co.za-platform aangebied word. Daar is Dinsdae en Donderdae om 14:00 'n Suid-Afrikaanse aanlynveiling. Dit laat Maandae en Vrydae oop vir stoet- en aanteelveilings wat aanlyn geskied. 

Hy sê dit is in die stadium nie van groot belang dat dié Namibiese veiling volgende week groot moet wees nie. Dit is eerder vir hulle belangrik dat dit suksesvol aangebied word.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.