On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Safex-verslag

───   23:09 Thu, 18 Jun 2020

Agri-Uur: Safex-verslag  | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister nie veel prysbewegings getoon nie en het slegs marginaal hoër gesluit ten spyte van die teleurstellende uitvoerverkope wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer was.

Volgens die nuutste weeklikse uitvoerverkope verslag is die Amerikaanse mielie uitvoerverkope vir die week ongeveer 472 000 ton wat 45% laer as die vorige 4 weke se gemiddelde uitvoerverkope is.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R50/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 550/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R52/ton hoër verhandel om teen R2 669/ton te sluit.

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel met die hernude optimisme van ? sterker uitvoervraag na Amerikaanse sojabone .

Volgens die nuutste weeklikse uitvoerverkope verslag is die Amerikaanse sojaboon uitvoerverkope vir die week ongeveer 1.92 miljoen ton. Alhoewel dit laer as die vorige week se uitvoerverkope is, is China ? groot koper wat positief is vir die res van die seisoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R5/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 645/ton te sluit.

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel met die winterkoringmarkte wat onder druk gekom het, terwyl die lentekoringmark ondersteuning gevind het en sterker verhandel het vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse koringuitvoerverkope is ongeveer 503 500 ton gerapporteer wat meer is as wat die algemene handelsverwagtinge in die mark was.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R45/ton hoër verhandel om teen R5 254/ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.