On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

GWK Veilings en Wildswinkel stel die Veewinkel-toep bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 19 Jun 2020

GWK Veilings en Wildswinkel stel die Veewinkel-toep bekend | News Article

GWK Veilings en Wildswinkel het kragte gesnoer en hul omvattende kennis in die veilingsbedryf gekombineer om 'n splinternuwe aanlynplatform vir lewende hawe daar te stel.


Hulle het die GWK Veewinkel-toep bekendgestel. Willie Meyer, hoof van GWK Veilings, sê dit is 'n platform wat virtuele, aanlyn-veeveilings moontlik maak. Dit is gerieflik vir kopers asook verkopers teen 'n verminderde koste in terme van vervoer, tyd en gewigsverlies van diere. Wildswinkel, waarvan die voormalige Springbok-rugbyspeler, Victor Matfield, die uitvoerende hoof is, het daarmee saam 'n bewese agtergrond in veilings van wild. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Meyer gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê sover vanjaar het die veilingbedryf voor verskeie uitdagings te staan gekom. Eers was die die uitbreking van bek-en-klouseer wat dié bedryf geraak het met die tydelike verbod op die aanbied van veilings. Daarna het die Covid-19-inperkingsregulasies weer dié bedryf ontwrig. 

Meyer sê oplossings moes gekry word vir die uitdagende toestande waarin kostebesparing toenemend van groot belang is. Dit is daarom dat GWK en Wildswinkel 'n samewerkingsooreenkoms aangegaan het met dié toep wat die eindresultaat is. 

Volgens Meyer was die uitdagende toestande, wat 'n impak het op die veilingsbedryf, 'n inspirasie om vorentoe te beweeg met alternatiewe opsies. Dit het nuwe geleenthede daargestel ten opsigte van 'n verbruikersvriendelike toep. 

Hy sê daar was reeds beweging in die mark van hierdie tipes aanlynveilings, en die groot uitdaging was om die regte vennoot aan boord te kry. Met Wildswinkel se bestaande ontwikkelde toep, was dit egter 'n maklike proses. Lewende hawe veilings asook veilings van eiendomme kan deur middel van dié toep plaasvind. Op dié platform word stilveilings aangebied, asook aanlynveilings wat regstreeks is.

Die Drakensberger-beestelersgenootskap se nasionale veiling, asook 'n speenkalf veiling, word volgende week op die Veewinkel-toep aangebied.


OFM-nuus   


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.