On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex verslag

───   08:05 Mon, 22 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex verslag | News Article

Die verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in die Junie- én die September-kontrakte.

Die Brasiliaanse mielieproduksie word op 100.1 miljoen ton vir die 2020/21-seisoen geskat. Dit is 2.3% laer as die vorige seisoen se mielie-produksie.  

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 566/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R9/ton hoër verhandel om teen R2 675/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in beide die Julie- en Augustus-kontrakte.

Die Amerikaanse sojaboonmark het verlede week hoofsaaklik gemeng verhandel, maar het teen Vrydag ongeveer 0.6% hoër gesluit as waarteen die mark Maandag geopen het.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R89/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 729/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel met die harde rooi winterkoring wat ondersteuning gevind het, terwyl die sagte rooi winterkoring, sowel as die lentekoringmark onder druk gekom het vir die dag.   

In Frankryk word die sagtekoring se produksietoestande op 56% goed tot uitstekend geskat, wat onveranderd is vanaf die vorige week se produksietoestande.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R1/ton laer verhandel om teen R5 249/ton te sluit.


OFM-nuus

 

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.