Agri Hour
John Deere stel digitale tv-reeks bekend─── 08:21 Mon, 22 Jun 2020
Sponsored08:21 Mon, 22 Jun 2020
John Deere het die Tech Terrain Digitale-televisiereeks bekendgestel. Gerben van Niekerk het met die bemarkingsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika, Stephan Nel, gepraat...
Sien onderstaande PODCAST
Die digitale platform, wat selfoon en rekenaar-vriendelik is, strek oor 16 episodes. Nel sê dit is in plek gestel om nader aan produsente en die mark te kom om waardevolle inligting oor te dra, veral in die lig van die uitdagings weens die Covid-19-pandemie. Die visie daarvan is op voedselsekerheid in Afrika gerig. Hy sê die eerste episode sal eerskomende Donderdag beskikbaar wees. Daarna sal daar weekliks op 'n Donderdagmiddag 'n nuwe episode beskikbaar wees. Besoek www.techterrain.co.za.
Dit was Stephan Nel, bemarkingsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika, slegs op die Agri-Uur.
OFM-nuus
