On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:41 Tue, 23 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Die verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel met die verwagtinge dat die produksie-omstandighede verbeter het hierdie week.

Die nuutste weeklikse uitvoerinspeksies verslag vir die week het aangedui dat die weeklikse uitvoerinspeksies 40% meer was as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel  in meeste van die kontrakmaande wat gelys is van beide wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R24/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 590/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R28 per ton hoër verhandel om teen R2 703 per ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister gemeng verhandel, maar het meestal sterker gesluit vir die dag.

Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerinspeksies vir die week was 41% laer as die vorige week se uitvoerinspeksies en ook laer as die algemene handelsverwagtinge vir die week.

Die plaaslike sojaboonmark het gister goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R106 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 835 per ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel met beide die harde en sagte rooi winterkoring wat ondersteuning gevind het, terwyl die lentekoringmark onder druk gekom het vir die dag.   

Die weeklikse koring uitvoerinspeksies was 9% meer as die vorige week se uitvoerinspeksies,  wat meer is as die gemiddelde handelsverwagtinge vir die seisoen.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is, met slegs die Julie kontrak wat laer gesluit het vir die dag.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R7 per ton laer verhandel om teen R5 242 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.