On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Landbou in Vrystaat groei, verdien meer regeringsondersteuning

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:49 Tue, 23 Jun 2020

Landbou in Vrystaat groei, verdien meer regeringsondersteuning | News Article

Aanvalle op plase en kleinhoewes hou 'n groot bedreiging vir landbou in geheel en voedselsekuriteit in Suid-Afrika in.


Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, wat sê die DA se alternatiewe plattelandse veiligheidsbeleid, word op 'n volgehoue grondslag hersien en kan aanvullend tot die nasionale landelike veiligheidsplan wees. Hy meen die regering moet meer in landbou belê, veral in die Vrystaat. Dit is 'n kwessie wat die DA in die provinsiale begrotingsdebat, asook die begrotingsdebat vir landbou, wil uitlig. Dit sou vandeesweek plaasvind, maar is uitgestel sienende die minister van finansies, Tito Mboweni, Woensdag 'n nood nasionale begrotingstoespraak lewer. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jankielsohn gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die DA het verlede week 'n werksessie gehou, met parlementslede  asook lede van die onderskeie wetgewers en raadslede, in 'n poging om op die hoogte te bly van dié party se alternatiewe plattelandse beleid. Hy sê dit is van belang omdat daar bygehou moet word met die nuutste tegnologie. 

Die DA  ondersteun daarmee saam ook enige pogings om veiligheid in landelike gebiede te verseker. Hy beskou die DA se beleid as 'n geskikte plan wat die nasionale landelike veiligheidsplan kan versterk. Dit is egter 'n probleem dat die regering beleid daarstel, maar sukkel om dit in te stel.

Die debat oor die Vrystaatse provinsiale begroting, wat na verwagting vandeesweek sou plaasvind, asook die debat oor die provinsiale begroting vir landbou, is vir nou eers op die ys geplaas. Dit is weens Mboweni se aanvullende begroting om die tesourie se bestuursplan bekend te stel met betrekking tot Suid-Afrika se skuld weens die Covid-19-pandemie.  

Jankielsohn sê sodra die provinsiale begrotingsdebat plaasvind, gaan die DA hamer op die belangrike rol van die landboubedryf in die Vrystaat en dat daar meer deur die regering in dié bedryf belê word. Hy sê dié bedryf toon groei, terwyl ander bedrywe in die provinsie weens die impak van die Covid-19-pandemie na verwagting 'n negatiewe groeikoers gaan hê.  Alle boere moet baat by die hulp, terwyl al die "mislukte" regeringsprojekte gestop moet word.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.