On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere is kwaad oor aanvalle op plase en kleinhoewes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:54 Tue, 23 Jun 2020

Boere is kwaad oor aanvalle op plase en kleinhoewes | News Article

Die reg moet nou sy gang gaan en die nodige ondersoeke moet gedoen word.


Dit is volgens Bernard Maree, voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se streekslandbouvereniging in die Tweespruit gebied, nadat 'n bejaarde boer, John Parr, en sy vrou onder andere Sondagoggend in hul plaashuis deur vyf mans gedreig en beroof is. Maree sê dit is 'n wonder dat die slagoffers nie ernstige beserings opgedoen het nie. Twee van die verdagtes is in 'n skietery in die plaashuis noodlottig gewond. Maree sê nog 'n verdagte is gewond en word in 'n hospitaal behandel. 'n Vierde verdagte is ná 'n soektog deur boere van die distrik in 'n boom gekry. 'n Vyfde verdagte is steeds soek. Christal-Lize Muller het met Maree gepraat...


Sien onderstaande POTCAST


Hy sê die gebeure tydens die voorval is weens 'n sameflansing van faktore,  wat boere kwaad maak. Die politieke omstandighede in die land noop mense om meer paraat te wees en om die optrede van kriminele fyn dop te hou. Hy sê dit is belangrik om daarop te let dat twee van die verdagtes in hierdie voorval noodlottig in die plaashuis gewond is. 

Volgens Maree se inligting het die voorval na bewering 'n lang aanloop wat aanvanklik begin het met die beweerde onwettige vervoer van dagga van Lesotho na gebiede by Bloemfontein en die res van die provinsie. Daar was meer as 'n week gelede 'n voorval van diefstal op Parr se plaas. 'n Trekker is gebuit en glo na Lesotho geneem. Parr se plaas is na bewering op 'n roete wat deur booswigte gebruik word om dagga te vervoer.

Hy sê boere is emosioneel en baie kwaad vir die regering, wat volgens hulle die rug draai op boere deurdat daar nie gefokus word op moorde op plase en kleinhoewes nie, terwyl ander geweldsmisdade prioriteit geniet.  Dit is daarom dat boere nou oorgaan na werklike aksie in 'n poging om hulself te beskerm. 

Maree meen boere in dié distrik se vinnige reaksie moet geloof word.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.