On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   08:05 Wed, 24 Jun 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die weeklikse mielie-produksietoestande word op 72% van goed tot uitstekend geskat, wat beter is as verlede week se 71% van goed tot uitstekend.

Die weeklikse produksietoestande van 71% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 54% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat  gelys is van wit- én geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R32 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 559 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R32 per ton laer verhandel om teen R2 669 per ton te sluit.


Sojabone: 

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is die Amerikaanse sojaboonaanplantings 96% voltooid. Dit is beter as die vyf jaar gemiddelde tempo van 93% voltooi teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die weeklikse sojaboon-produksietoestande word op 70%  van goed tot uitstekend geskat, wat swakker is as die vorige week se 72% van goed tot uitstekend.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat  gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R10 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 798 per ton te sluit.


Koring:

Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 29% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit is hoër as die vyf jaar gemiddelde tempo van 26% voltooi teen dieselfde tydperk van die seisoen.

Die Amerikaanse winterkoring word op 52% van goed tot uitstekend geskat, terwyl 75% van die Amerikaanse lentekoring op goed tot uitstekend geskat word.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R61 per ton laer verhandel om teen R5 185 per ton te sluit.


OFM-nuus

 

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.