Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 06:28 Thu, 25 Jun 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit met die positiewe opbrengsverwagtinge in Amerika.
Die Amerikaanse etanol produksie het vir die agtste week agtereenvolgens toegeneem en het 'n gemiddelde uitset van 893 000 vate per dag bereik.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit- én geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 543 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14 per ton laer verhandel om teen R2 655 per ton te sluit.
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit in die Julie- en Augustus-kontrakte.
Die verwagting vir die weeklikse uitvoerverkope verslag wat later vandag bekend gemaak word, is dat daar weer groot uitvoerverkope vir die week aangekondig sal word.
Sojabone:
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R17 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 804 per ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in die winterkoring markte sowel as die lentekoring mark.
Die verwagting in die mark is dat die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope van koring tussen ongeveer 250 000 ton en 650 000 ton behoort te wees.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R8 per ton laer verhandel om teen R5 190 per ton te sluit.
OFM-nuus
