On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Gesinsplase die antwoord, eerder as onvolhoubare regeringsprojekte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:46 Thu, 25 Jun 2020

Gesinsplase die antwoord, eerder as onvolhoubare regeringsprojekte | News Article

Groot bedrae geld word in die Vrystaat aan regeringsprojekte, wat steeds nie volhoubaar is nie, bestee.


Dit is volgens Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, wat meen die DA gaan steeds voort om beweerde korrupsie met betrekking tot die Vrede-suiwelprojek deur middel van die korrekte kanale uit te wys. Hy sê honderde miljoene rande is bestee aan hierdie tipe projekte, maar in sy mening het die agtente wat dié projekte moes begin, eerder daarby gebaat. Volgens Jankielsohn is gesinsplase eerder as dié projekte, 'n goeie roete om te volg. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat... 


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê die DA dryf al vir jare die kwessie van beweerde korrupsie, veral met die Vrede-suiwelprojek.

Hy het die onderskeie betrokke LUR'e in die Vrystaat oor die jare gepols om bewyse te lewer dat dié regeringsprojekte volhoubaar en as 'n besigheid bedryf word. Hy sê die DA wil hê daar moet belê word in opkomende boere, maar boere moet daarby baat. Dit kan gedoen word deur die vestiging van sogenaamde "gesinsplase". Kommersiële boere wat bydra tot voedselsekerheid in die land, asook die Vrystaat, moet ook by regeringshulp baat. Geld moet ook aan dié boere beskikbaar gestel word.

Jankielsohn sê die regering belê steeds R20 miljoen per jaar in die Vrede-suiwelprojek, terwyl die projek steeds nie volhoubaar is nie en ná sewe jaar is daar steeds nie enige begunstigdes op dié plaas nie. Hy sê daar is sedert die begin van die projek al R350 miljoen aan dié plaas bestee.

Dit is goed dat die Valke dié projek ondersoek, hoewel dit meer gefokus is op die staatsamptenare wat betrokke was. 'n Ondersoek word ook weer deur die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gedoen, nadat sy reeds 'n verslag uitgereik het. Die DA het haar eerste verslag bevraagteken en Mkhwebane voor die hof gedaag. Jankielsohn sê die DA was suksesvol met die hofgeding, asook Mkhwebane se appèl.  

Hy sê dit is goed dat sy weer 'n ondersoek van stapel gestuur het en ook onlangs aangedui het dat dié Vrede-suiwelprojek in sy laaste stadium van ondersoek is. 

Jankielsohn sê dit is goeie nuus, veral dat Mkhwebane se ondersoek nou op dié plaas en hoofsaaklik die begunstigdes fokus. Die DA soek ook skriftelik duidelikheid by Mkhwebane oor die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite. Dié navraag is hoofsaaklik gerig oor die rol van politici wat betrokke was by dié projek. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.