On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Wolmarkverslag Cape Wools: Goeie gehalte merinowol stut SA mark

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 26 Jun 2020

Wolmarkverslag Cape Wools:  Goeie gehalte merinowol stut SA mark | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie in die Noord-Kaap

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die wolmark het Woensdag tydens die 30ste nasionale wolveiling vir die 2019/20-seisoen in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap 0,1% hoër verhandel en teen 'n waarde van R142,50 per kg verbeter. Daarmee saam was daar 'n aanbod van 6 707 bale. Luidens die verslag het die aanbod hoofsaaklik uit goeie, medium lengte wol bestaan en 93,2% van die aanbod wol is verkoop. Die Australiese EMI het 'n afname van 2,6% getoon. Die Rand was vandeesweek 0,9% swakker teenoor die Amerikaanse Dollar en het 'n afname van 1,2% teenoor die Euro getoon. Luidens dié verslag is die plaaslike mark ondersteun deur die verswakking van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar. Daar is steeds goeie mededinging tussen koperhuise en die goeie gehalte merinowol in die medium mikron groepe het die plaaslike mark verder gestut.  

Die grootste kopers op dié veiling was  Standard Wool SA, Lempriere SA, Modiano SA , Lempriere SA en Stucken & Co.

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron-kategorieë goeie, lang kamwoltipes, was: 18,0 mikron wol wat styg met 2,8% en sluit teen R168,93 per kg. 18,5 mikron woltipes neem af met 2,1% en sluit teen R156,22 per kg. 19 mikron tipes wol verlaag met 1,7% en sluit teen R151,51 per kg en 19,5 mikron tipes verswak met 1,3% en sluit teen R146,29 per kg. Die 20 mikron woltipe het met 1,0% toegeneem en sluit op R142,94 per kg, 20,5 mikron was 0,7% sterker en sluit op R143,21 per kg; 21,0 mikron styg met 1,9% en sluit op R142,05 per kg; 21,5 mikron het 1,7% toegeneem en sluit op R144,85 per kg; 22 mikron styg met 3,6% en sluit op R139,20 per kg en 22,5 mikron is 1,4% beter en sluit op R134,78 per kg.

Om na nuusinsetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Agri-Hour. Kliek op News vir jou jongste nuus in die landboubedryf wat weeksdae in OFM se landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30 aan jou gebring word. Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na news@ofm.co.za.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.