Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 07:00 Mon, 29 Jun 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit met die gunstige weerstoestande en verwagte rekordproduksie vir die seisoen, wat die mark onder druk hou.
Die Oekraïne se mielie-uitvoer het tydens die 2019/20-seisoen alle verwagtinge oortref en het 'n totaal van 30,28 miljoen ton bereik.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir beide wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R25 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 484 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R33 per ton laer verhandel om teen R2 590 per ton te sluit.
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag hoofsaaklik onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in die Julie- én Augustus-kontrakte. Die goeie produksieverwagtinge hou die Amerikaanse sojaboonmark onder druk.
Sojabone:
Private uitvoerders het Vrydag ongeveer 133 000 ton se sojaboon-uitvoer aan die Amerikaanse Departement van Landbou aangemeld.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande, wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R34 per ton hoër verhandel om teen R6 844 per ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit met die Amerikaanse stroopproses en groot internasionale voorraad wat druk op pryse plaas.
Die Oekraïne se koring-uitvoer het in die 2019/20-seisoen 20,5 miljoen ton bereik.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal gemeng verhandel met sommige kontrakte wat ondersteuning gevind het, terwyl ander kontrakte laer gesluit het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R91 per ton hoër verhandel om teen R5 320 per ton te sluit.
OFM-nuus
