On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Petrusburg: Plaasaanvallers steeds soek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Mon, 29 Jun 2020

Petrusburg: Plaasaanvallers steeds soek  | News Article

Die Vrystaatse polisie soek steeds na drie mans in verband met die aanval op 'n bejaarde vrou en haar seun op die plaas Lovedale naby Petrusburg.


Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê Wimpie du Toit, en sy 82-jarige ma, Janetta, is Vrydagaand erg aangerand, vasgebind en beroof. Na wat verneem word is albei in 'n Bloemfonteisne hospitaal behandel. Wimpie is na bewering intussen ontslaan, maar Janetta is steeds in die hospitaal. Mbambo sê Wimpie is omstreeks 19:00 na buite om vas te stel waarom die plaashuis se elektrisiteit deels buite werking is. Hy is toe oorval en met ysterstawe geslaan. Sy sê die aanvallers het hom in die huis ingedwing, waar hulle Janetta verder aangerand het.

Albei se hande is vasgebind. 'n Vuurwapen en twee selfone is glo gebuit. Die aanvallers het glo te voet op die vlug geslaan. Skakel vandag om 11:00 en 13:30 in op OFM vir die jongste verwikkelinge rondom dié aanval in jou landbounuusbulletins. 


OFM-nuus/Christal-Lize Muller & Katleho Morapela


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.