Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 01 Jul 2020
Die verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf...
Mielies:
Die weeklikse mielie-produksietoestande word op 73% van goed tot uitstekend geskat. Dit is 'n verbetering op verlede week se 72% van goed tot uitstekend.
Die weeklikse produksietoestande van 72% van goed tot uitstekend is ook 'n verbetering op verlede jaar se 56% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R16 per ton hoër verhandel om teen R2 496 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 met R23 per ton hoër verhandel om teen R2 600 per ton te sluit.
Sojabone:
Die weeklikse sojaboon produksietoestande word op 71% van goed tot uitstekend geskat. Dit is 'n verbetering op verlede week se 70% van goed tot uitstekend.
Die weeklikse produksietoestande van 71% is ook baie beter as verlede jaar se 54% teen dieselfde tydperk van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R38 per ton hoër verhandel om teen R6 805 per ton te sluit.
Koring:
Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 41% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit is in lyn met die vyf jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tyd van dié seisoen.
Die Amerikaanse winterkoring word op 52% geskat, terwyl 69% van die Amerikaanse lentekoring geskat word.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R39 per ton hoër verhandel om teen R5 416 per ton te sluit.
OFM-nuus
