On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 03 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Die verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies: 

Die Amerikaanse mieliemark verhandel steeds sterker met die verwagting van warmer weerstoestande en die laer as verwagte oppervlakte wat in Amerika aangeplant is. 

Die verwagting vir die weeklikse uitvoerverkope-verslag toon dat vandeesweek se verkope vir 'n tweede week agtereenvolgens sterk behoort te wees.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die gelyste kontrakmaande vir wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R17 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 605 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R20/ton hoër verhandel om teen R2 716 per ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboon verhandel steeds sterker vir die nuwe seisoenkontrakte.

Die nuutste weeklikse sojaboonverwerkingsyfers was laer as wat die algemene verwagtinge in die mark was.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel  in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R35 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 890 per ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het ondersteuning gevind met die Dollar wat verswak het.

Die verwagting vir die weeklikse uitvoerverkope, is dat dit laer behoort te wees as die vorige week se uitvoer.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020 onveranderd teen R5 400 per ton gesluit.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.