On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Plaaslike wolmark lewer positiewe resultate

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 03 Jul 2020

Plaaslike wolmark lewer positiewe resultate | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die wolmark het Woensdag tydens die 31ste nasionale wolveiling vir die 2019/20-seisoen in Port-Elizabeth in die Oos-Kaap positiewe resultate gelewer. Daar was 'n styging van 1,3% teenoor die vorige veiling. Luidens 'n verslag van Cape Wools SA was die algehele verkoopspersentasie wel teen 83,7% laer weens heraanbiedings van wol wat nie verkoop is nie. Die mark het teen 'n waarde van R144,36 per kg skoon gesluit. Die Australiese EMI het ook 'n toename van 0,4% tydens die eerste veiling van die nuwe mark se nuwe seisoen getoon. Positiewe sentiment en goeie vraag na gehalte wol het die mark positief beinvloed, terwyl sterker mikron groepe en kort wol swakker presteer het. 

Luidens Cape Wools se verslag het die Rand ook vandeesweek met 0,5% sterker teenoor die Amerikaanse Dollar verhandel. Die Rand het met 1,1% toegeneem teenoor die Euro in vergelyking met die vorige veiling. Dié verslag toon die mark het dus 1,8% in Amerikaanse Dollar-terme verbeter. Vandeesweek se aanbieding het uit 7 702 bale bestaan met die grootste gedeelte goeie gehalte fyn merino-vagwol, wat goeie mededinging uitgelok het. 

Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool SA, Modiano SA, Lempriere SA,  en Stucken & Co .

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron-kategorieë, wat goeie en lang kamwoltipes insluit, was: 18,0 mikron wol styg met 1,5% en sluit teen R170,92 per kg. 18,5 mikron woltipes neem toe met 1,5% en sluit teen R155,54 per kg. 19 mikron tipes wol verhoog met 0,3% en sluit teen R151,92 per kg en 19,5 mikron versterk met 0,6% en sluit teen R147,15 per kg.

20 mikron woltipes het toegeneem met 2,4% en sluit op R146,43 per kg, terwyl 20,5 mikron tipes 1,7% sterker verhandel het en op R143,55 per kg gesluit het. 21,0 mikron tipes styg met 0,6% en sluit op R142,86 per kg, terwyl 21,5 mikron tipes met 0,7% toegeneem het en op R145,82 per kg gesluit het. 22 mikron styg 2,7% en sluit op R143,02 per kg en 22,5 mikron verbeter met 0,6% beter en sluit op R135,56 per kg. 

Die volgende veiling vind eerskomende Woensdag plaas. Sowat 8 455 sal na verwagting aangebied word.

Om weer na hierdie nuusinsetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en the Agri-Hour. Kliek op News vir jou jongste nuus in die landboubedryf wat weeksdae in OFM se landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30 aan jou gebring word. 

Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na news@ofm.co.za.


OFM-nuus

 


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.