Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 07 Jul 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die nuwe seisoen termynkontrakte vir mielies in Amerika het ondersteuning gevind met die onsekerhede wat tans heers rakende die weerstoestande vir die volgende paar weke.
Beide die September- en Desember-termynkontrakte in Amerika het ondersteuning gevind.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir beide wit- en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R38 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 641 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R34 per ton hoër verhandel om teen R2 745 per ton te sluit.
Sojabone:
Die pryse in die internasionale sojaboonkompleks het ondersteuning gevind, nadat die Chinese ekonomiese syfers verbeter.
Hoewel die Amerikaanse sojaboonuitvoer verlede week hoër was as die vorige week se uitvoer is die jaar tot datum uitvoer steeds ongeveer 19.5% laer as die 5 jaar gemiddelde uitvoer teen dieselfde tyd van die jaar.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R85 per ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 015 per ton te sluit.
Die Amerikaanse koringmark het ook hoofsaaklik ondersteuning gevind by die beter ekonomiese nuus vanaf China.
Die ondersteuning is egter beperk met die handelaars wat wag vir die nuutste nuus vanuit Rusland. Die nuwe seisoen produksieverwagtinge in Rusland is tans positief.
Koring:
Die plaaslike koringmark het gister goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel in die eerste van die kontrakte wat gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R150 per ton hoër verhandel om teen R5 580 per ton gesluit.
OFM-nuus
