On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

#AgriNK: Regering trek nie meer kop uit met droogtehulpverlening

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Tue, 07 Jul 2020

#AgriNK: Regering trek nie meer kop uit met droogtehulpverlening | News Article
FOTO: Agri Noord-Kaap

Kouefronte, wat nou reën en sneeu in die Noord-Kaapse winterreënvalgebiede meebring, is 'n welkome sig vir boere in gebiede waar die droogte steeds 'n werklikheid is.


Boonop hoop boere steeds vir meer van dié kouefronte, omdat die droogte nog nie in die Noord-Kaap gebreek is nie. Dit is volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat meen reën het in somerreënvalgebiede verligting gebring, maar dit het steeds kol-kol gereën en daar is steeds gebiede waar die droogte 'n werklikheid is.  Hy sê dit is egter verblydend dat dit wil voorkom of die nasionale regering nie meer kop uittrek ten opsigte van droogtehulpverlening nie. Hier is Jansen...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar is bevestig dat R36 miljoen in droogtehulp wel deur die regering vir die Noord-Kaap toegeken is. Die probleem is egter dit is al in Februarie vanjaar toegeken, maar weens die Covid-19-pandemie en die inperkingsregulasies wat daarmee saamgaan, was die betrokke regeringsdepartemente nie ten volle werksaam gewees nie. Dit is die rede wat deur die regering verskaf word vir dié geld wat nog nie in die Noord-Kaap beskikbaar gestel is nie, sê Jansen.  

Agri Noord-Kaap het onlangs met die provinsiale rampbestuur vergader in 'n poging om dié proses te versnel en sodoende toe te sien dat dié geld regverdig en aan die korrekte gemeenskappe beskikbaar gestel word. 

Jansen sê daarmee saam het die provinsiale landboudepartement 'n vroeë waarskuwingsverslag opgestel en die berekening daarin toon R433 miljoen word benodig om 30 vee-eenhede vir drie maande te stabiliseer. Die  R36 miljoen wat aan die Noord-Kaap toegeken is, is steeds 'n druppel aan die emmer,  maar daar is groot dankbaarheid vir elke sent en die feit dat die regering ten opsigte van droogtehulpverlening nie kop uittrek nie.  

Volgens hom is wetlike advies ingewin rondom regeringshulp in terme van rampe soos droogte. Daaruit was dit duidelik dat wanneer 'n ramp ontstaan, is die regering geregtig, maar nie verplig om geld vir rampverligting te voorsien nie.  Dit kom daarop neer dat die bevoegdheid by wyse van begrotings of andersins toewysings uit openbare fondse 'n bevoegdheid van die wetgewende gesag is en howe is nie bevoeg om dié gesag te verplig om fondse vir ramphulp te bewillig nie.

Verder moet dit ook in ag geneem word dat die uitbreiding van proefplase van die departement van landbou in die Noord-Kaap en die vergroting van voerbanke ook as ramphulp beskou word.  Dit is  hulp wat vir dié provinsie bestem is, wat nie in 'n direkte mate by boere uitkom nie, maar wat  waardevol vir die toekoms is.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.