Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Wed, 08 Jul 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die weeklikse mielie-produksietoestande in Amerika word op 71% van goed tot uitstekend geskat. Dit is swakker as verlede week se 73% van goed tot uitstekend.
Die weeklikse produksietoestande van 71% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 57% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- én geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R24 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 615 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R31 per ton laer verhandel om teen R2 715 per ton te sluit.
Sojabone:
Die weeklikse sojaboon-produksietoestande in Amerika word op 71% geskat, wat onveranderd is vanaf die vorige week se skatting.
Die weeklikse produksietoestande van 71% van goed tot uitstekend is baie beter as verlede jaar se 53% van goed tot uitstekend teen dieselfde tydperk van die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R13 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 998 per ton te sluit.
Koring:
Volgens die weeklikse produksievorderingsverslag is 56% van die Amerikaanse winterkoring vir die seisoen gestroop. Dit 1% meer as die 5 jaar gemiddelde tempo teen dieselfde tydperk van die vorige seisoen.
Amerikaanse winterkoring word op 51% van goed tot uitstekend geskat, terwyl 70% van die Amerikaanse lentekoring op goed tot uitstekend geskat word.
Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.
Die plaaslike mark het vir lewering in Julie 2020, R118 per ton hoër verhandel om teen R5 710 per ton te sluit.
OFM-nuus
