On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 09 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Graan SA (GSA)

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die kans op verspreide reën in Amerika,  wat opbrengsvooruitsigte verhoog, het die Amerikaanse mielieprys onder druk geplaas.

Die weeklikse etanolproduksie-ramings word deur die loop van die dag deur die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie bekend gestel. Die vraag na brandstof in Amerika blyk 17% laer te wees as in dieselfde tydperk ‘n jaar gelede.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is vir wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R11 per ton laer verhandel vir die dag om teen R2 611 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R12 per ton laer verhandel om teen R2 710 per ton te sluit.

 

Sojabone:

Die positiewe weervoorspelling vir gewas-ontwikkelingstoestande het die Amerikaanse sojaboon-termynkontrakte laat tuimel.

Die grootste mededinger van sojaboonolie, naamlik palmolie, kan die invoer in Indië, die wêreld se grootste eetbare olie-invoerder, met 20% laat daal. Huishoudings is op soek na alternatiewe, terwyl die vraag na voedseldienste in die nasleep van die Covid-19-pandemie steeds vertraag word.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk verkeer en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R56 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 940 per ton te sluit.

 

Koring:

Laer voorspellings vir produksie en uitvoer uit die Europese Unie (EU) en Rusland het veroorsaak dat die Amerikaanse termynprys vir koring ondersteuning vind.

Frankryk het sy ramings vir sagte koringproduksie vir 2020 afgegradeer en die opbrengste met 21% verminder. FransAgriMer het die uitvoervoorspellings vir 2020/21 vrygestel met ‘n daling van 41% vanaf die rekordhoogte in 2019/20.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning verloor en het swakker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R40/ton laer verhandel om teen R5 660/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.