On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 14 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies: 

Groot dele van Amerika het reën gekry oor die naweek, wat  positief is vir produksie-omstandighede.

Volgens die nuutste World Agricultural Supply and Demand Estimates, oftewel die WASDE-verslag wat Vrydag bekend gemaak is, is die wêreld se eindvoorraad afwaarts tot 317 miljoen ton aangepas.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel  in meeste van die kontrakmaande vir wit- én geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R76 per ton laer verhandel om teen R2 570 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering R89 per ton laer verhandel om teen R2 652 per ton te sluit.

 

Sojabone:

Die weerstoestande oor groot gedeeltes van Amerika was ook positief vir die sojaboon-produksieverwagtinge.

Volgens die  WASDE verslag  is die wêreld se sojaboon-eindvoorraad ook afwaarts tot 95 miljoen ton aangepas.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R125 per ton laer verhandel om teen R6 870 per ton te sluit.

 

Koring:

Volgens die WASDE verslag is die wêreld se koring eindvoorraad afwaarts aangepas tot 314 miljoen ton, maar dit is steeds teen rekordhoogtepunte.  

Die Russiese koringproduksie vir die seisoen is afwaarts aangepas vanaf die vorige skatting. Die nuutste verslae toon die opbrengste in Rusland is swakker as wat aanvanklik verwag is.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R118/ton laer verhandel om teen R5 475/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.