On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

#Senwes: Landbou in goeie siklus met verbruikers se styselaankope

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Tue, 14 Jul 2020

#Senwes: Landbou in goeie siklus met verbruikers se styselaankope | News Article
FOTO: Scenario (Senwes)

Suid-Afrikaners het uithouvermoë. Hulle kan planne maak en onder moeilike omstandighede steeds funksioneer.


Francois Strydom, die Senwes-groep se hoof uitvoerende beampte, sê dit is eienskappe waaroor al 60 miljoen Suid-Afrikaners vir seker beskik. Hy meen dit is in hulle genetiese struktuur. Volgens hom is daar niemand meer wat nie ontnugter word deur die land se politici se optrede nie. Daarom is dit vir die Senwes-groep 'n voorreg om in sulke omstandighede steeds bedrywig te wees en 'n besigheid te bestuur. Strydom meen die landboubedryf is in 'n goeie siklus met verbruikers wat aankoop deur die waardeketting. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Strydom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Dit kom neer op verbruikers wat basiese kos, soos styselprodukte, aankoop en dít is goed vir mielieboere wat witmielies produseer. Produkte wat minder noodsaaklik is, en 'n luukse is,  trek egter nou aan die kortste ent weens verbruikers wat onder druk is. Die Covid-19-toestande plaas verbruikers nog meer onder druk.

Strydom sê dit is 'n werklikheid, maar hy sien met groot verwagting uit na die nuwe boekjaar en is hoopvol vir die toekoms van landbou in die land. Dit kan toegeskryf word aan die kommersiële somergraanoes wat nou ingesamel word en gaan na verwagting die tweede grootste oes in die land se geskiedenis wees. Daarmee saam het boere ook 'n nat profiel, wat beteken hulle is al ver met hul primêre bewerkings en dít is 'n aanduiding dat produsente heel waarskynlik weer gaan aanplant. 

Die Rand het Suid-Afrikaanse boere ook in terme van prysvlakke beskerm. Hoewel die Amerikaanse prysvlakke gedaal het, het die Rand se verswakking dié land in 'n mate verskans. 

Strydom meen toestande vorentoe sien goed daarna uit vir primêre produsente in Suid-Afrika. Dit is sigbaar in die eerste twee maande van die nuwe boekjaar in terme van spanderingsvlakke.  

Boere koop weer kapitaalprodukte nadat hulle vir lank nie in staat was om dit te kan doen nie.  Daar sal operasionele uitgawes wees, terwyl dit in ag geneem moet word dat Suid-Afrika die enigste land in die suidelike gedeelte van Afrika is, wat veilige beskostigbare en voldoende kos produseer. Daarom sal daar 'n deurlopende behoefte aan uitvoer wees na Afrika-lande.  Suid Afrika is in dié verband goed gevestig. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.