On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

'Nóg boere moet baat by #Covid19-regeringshulp'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 15 Jul 2020

'Nóg boere moet baat by #Covid19-regeringshulp' | News Article

Boere, en veral kleinboere in die Noord-Kaap, wend hulle nou na die DA om hul nood te beklemtoon en 'n hulpkreet na die department van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling uit te stuur.


Dit om hulp van die regering te bekom en voordeel te trek uit die landboudepartement se Covid-19-hulpfonds. Bykans 80% van dié boere in die Noord-Kaap, wat aansoek gedoen het daarvoor, was onsuksesvol gewees. Daarom plaas die DA in die Noord-Kaap nou volgehoue druk op die regering op nasionale sowel as provinsiale vlak om aan dié boere,  wat onsuksesvol was,  'n kans te gee om weer aansoek te doen. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Sy sê kleinboere en kleiner kommersiële boere in dié provinsie is ontevrede  oor gebrekkige ondersteuning en deursigtigheid rakende dié hulpfonds. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...

Die ontevrede boer is nou in die proses om 'n griefskrif op te stel. Dit is boere van die Frances Baard-distrik wat nou wil opruk na die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, se kantoor. Liebenberg sê dié planne is egter vir eers op die ys geplaas, terwyl daar gewag word op reaksie uit die DA se pogings om die kwessie aan te spreek. 

Sy sê dit is van belang om te let dat dié inisiatief nie deur die DA gedryf word nie, maar boere se eie plan is. Sy sê die boere voer aan dat die departement onregverdig opgetree het met die hulp in die vorm van 'n koopbewys wat aan boere verskaf is. Die suksesvolle kandidate moet aan sekere vereistes voldoen het. 

Volgens Liebenberg is daar talle boere wat aansoek gedoen het en boonop aan die departement se vereistes voldoen het, maar steeds nie geslaagd was met hul aansoeke nie. Boere wys nou die vinger na die department wat nie voldoende gekommunikeer het met betrokkenes in dié verband nie.  Sy meen dit is 'n groot behoefte vir die mense op grondvlak, omdat hulle nou begin besef dat hulle ook die reg het om deel te neem aan besluitnemings en prosesse wat deur die staat gelei word.  

Sy sê boere se pleidooi is dat daar regverdig en ondeursigtig met hulle te werk gegaan moet word. As 'n kriteria geskep word vir 'n sekere projek, moet dit doelgerig toegepas word en nie slegs op sekere mense van toepassing wees nie. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.