On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

#VrystaatLandbou: Gebruik veiligheidsmiddelle teen aanvalle op plase

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:30 Wed, 15 Jul 2020

#VrystaatLandbou: Gebruik veiligheidsmiddelle teen aanvalle op plase | News Article

Daar was 'n kombinasie van faktore wat 'n rol gespeel het in twee afsonderlike aanvalle op plase, onderskeidelik in Ventersbrug en Bethlehem in die Vrystaat die afgelope naweek.


 'n Veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou (VL), dr. Jane Buys, sê in die Ventersburg-voorval Sondag het dit duidelik na vore gekom dat sekuriteitswagte, wat boere in diens neem, 'n groot rol speel. In dié voorval is Mike van Rensburg se veiligheidswag Sondagaand deur vyf mans wat gewapen was, aangeval. In die voorval in Bethlehem het Coenraad van der Westhuizen Saterdagoggend wakker geword van geluide buite sy huis. Hy het 'n waarskuwingskoot afgevuur. Buys sê in dié voorval was Van der Westhuizen se veiligheidskamerastelsel ook waardevol. Sy meen dit is juis daarom belangrik om tegnologiese hulpmiddels, wat beskikbaar is, te gebruik. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Buys gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Sy sê dit is van groot belang om voortydig beweging van mense en voertuie  op plase en veral plaaswonings te gewaar. Juis daarom moet boere voortdurend paraat wees. Dit kan nie genoeg beklemtoon word nie. Sy sê boere moet  sodra hulle onraad vermoed en booswigte of enigiets anders wat verdag is op hulle plase aan hul onderskeie landelike veiligheidskoördineerders deurgee.  Die polisie se landelike veiligheidskoördineerders moet ook ingelig word. Buys sê dit is veral belangrik in die Covid-19-inperkingstydperk en vlak drie waarin Suid-Afrika homself nou bevind om met die beperking op beweging saans, wat Sondagaand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, hul veiligheid op plase en kleinhoewes op te skerp. In dié twee voorvalle die afgelope naweek was boeregemeenskappe baie paraat in terme van  spoedige reaksie.  

Sy sê dit moet egter beklemtoon word dat boere by bestaande landbouveiligheidstrukture inskakel. Dit kan nie genoeg beklemtoon word nie, sê Buys. Daarmee saam word die verskaffing van inligting aan dié strukture as noodsaaklik geag, want kommunikasie is een van die kernfaktore. 

In die twee afsonderlike voorvalle die afgelope naweek is niemand beseer nie. 


OFM-nuus

 


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.