On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 16 Jul 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikanse departement van landbou (USDA) het 'n private uitvoerverskeping van 1,762 miljoen ton van 2020/21 se mielievoorraad  aan China aangekondig. Dit was die grootste Amerikaanse mielie-aankope wat China op 'n dag gemaak het, en die tweede Chinese mielie-aankoop in die laaste drie handelsessies.

Die Amerikaanse energie-inligtingsadministrasie (OIE) het vandag die weeklikse etanolproduksiedata bekend gestel. Ethanolproduksie het 70% herstel sedert die donkerste dae van die pandemieverwante inperkings in Amerika.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het oorheersend laer verhandel in die meeste van die kontrakmaande wat vir wit- en geelmielies gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020  R48 per ton laer verhandel om teen R2 521 per ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R43 per ton laer verhandel om teen R2 608 per ton te sluit.

Sojabone:

Die National Oilseed Processors Association (NOPA) stel vanoggend sy maandelikse soja-persskatting vir Amerika bekend. Die Junie-pers word op 4,414 miljoen ton geprojekteer, wat die grootste persvolume in Junie sou wees as dit realiseer.

China het laat vandeesweek sy voorspellings vir die invoer van sojabone en mielies vir die huidige bemarkingsjaar verhoog, namate die land sy pluimvee en varkkuddes uitbrei.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2020, R72 per ton laer verhandel vir die dag om teen R6 790 per ton te sluit.


Koring:

Meteoroloë verwag dat warm en droë La Niña-voorspellings in Argentinië waarskynlik dié land se koringoes sal beïnvloed, wat in die laaste stadiums van aanplantings is. Hierdie Suid-Amerikaanse land is die sewende grootste koringuitvoerder ter wêreld.

Kommer oor dreigende produksie-afnames ná verlede week se La Niña weervooruitsigte het aan die Amerikaanse koringprys ondersteuning gebied.  

Die plaaslike koringmark het gister meestal wisselvallig verhandel en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte wat gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2020, R152 per ton hoër verhandel om teen R5 653 per ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.