On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Diere behaal steeds baie goeie pryse op veilings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Thu, 16 Jul 2020

Diere behaal steeds baie goeie pryse op veilings | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.

 

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê al is daar talle uitdagings wat boere in die gesig staar, verminder die heersende koue weerstoestande die voorkoms van peste en siektes. Die prys van vee op lewende hawe veilings styg steeds en help met al die negatiewe aspekte wat 'n impak het op boere.    

Volgens Derksen het speenkalwers onder 200kg op die weeklikse veilings Dinsdag in Kroonstad in die Vrystaat teen R35,45 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R33,650 en speenkalwers oor 250kg het teen R30,88 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:  

A-klas beeste      - Geen 

B-klas beeste      - R21,35 per kg

C-klas vet koeie  - R20,55 per kg

Maer koeie          - R15,00 na R16,77 per kg

Slagbulle              - R21,85

Skape

Stoorlammers     - R53,67 per kg

Slaglammers       - R38,55

Stoorskape          - R28,53 per kg

Vetskape              - R29,11 per kg

Bokke

Lammers           - R55,03 per kg

Ooie                   - R35,15 per kg

 

Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.