Agri Hour
Plaaslike wolmark nou in reses─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 17 Jul 2020
Daar is vandeesweek nie 'n nasionale wolmarkverslag nie, omdat die laaste veiling van die 2019/20-seisoen verlede week plaasgevind het.
Ná 'n reses wat nou plaasvind, sal die nuwe wolseisoen vir 2020/21 na verwagting in die middel van volgende maand weer begin. Die Cape Wools-verslag het verlede week aangedui die wolseisoen vir 2019/20 het op 'n positiewe noot afgesluit. Op die laaste nasionale veiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is 94,1% van die meer as 9 750 bale wat aangebied is, verkoop. Luidens 'n Cape Wools SA verslag het die mark met 0,9%, oftewel 130 punte verbeter teen 'n waarde van R145,66 per kg. Die Rand was met 0,9% sterker teen die Amerikaanse Dollar en het 'n toename van 0,3% teenoor die Euro getoon teenoor die vorige veiling. Luidens die verslag het die mark langsaam begin met goeie toenames op die tweede dag om met 0,9% meer teenoor die vorige veiling te sluit.
Die Australiese mark het ook laer geopen, maar positief gesluit met die Australiese EMI wat met 1,8% toegeneem het. Die goeie gehalte merino-vagwol het sterk mededinging uitgelok, veral in die medium mikron klasse. Volhoubaar-geproduseerde wol het ook goed vertoon.
Om na Agri-Uurinsetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en The Agri-Hour.
Kliek op News vir jou jongste nuus in die landboubedryf wat weeksdae in OFM se landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30 aan jou gebring word. Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na news@ofm.co.za.
OFM-nuus
